Landbou.com SAWeb

Die THUMPA-driewiel met sy wipbak.
Promosie-artikel:
Praktiese voertuig vir die boer
Deur LOUIS VISSER

Groot opwondenheid heers in die boerdery- en konstruksiebedryf oor die veeldoelige voertuig wat nou ingevoer word, wat hoë koste voertuie kan vervang om daaglikse take vir die boer te verrig.

Die "THUMPA" - soos dit bekend gestel word in Suid-Afrika, is 'n driewiel-voertuig wat hoofsaaklik aangewend word op die plaas om die plek te neem van bakkies en ander sulksgelyke duur, werkende voertuie.

Daar is ongeveer 22 miljoen van hierdie voertuie wat wêreldwyd aangewend word en tans word meer en meer voertuie versprei in die Midde-Ooste, Afrika en Suid-Amerika.

Die invoerders, GEMINI AUTO, het onderneem om onderdele in voorraad te hou en te verkaf aan handelaars en as daar nie 'n handelaar in jou gebied is nie, dan sal die diens van 'n "oornag"-koerier gebruik work om 'n diens te lewer.

Die vernaamste voordele van die THUMPA is as volg:

  • Die voertuig het al die nodige toebehore, soos flikkers, toeter, hoofligte, ens., (soos die trekker) om vir padgebruik gelisensieër te word.
  • Die voertuig is 'n hardwerkende, eenvoudige, praktiese voertuig met geen elektroniese tierlanteintjies nie.
  • Enige dieselwerktuigkundige kan herstelwerk op die voertuig doen.
  • Die voertuig kan 1,5 ton dra en het 'n vragbak van 1,63 kubieke meter.
  • Die voertuig is toegerus met 'n hidroulise wipbak.
  • Die grootste voordeel van die voertuig is die PRYS. Die boer kan twee THUMPAS koop vir die prys van een bakkie.

  • Navrae: Louis Visser (sales@geminiauto.co.za)

    Adres:
    Suite 4 Arden Manor
    Hoek van: Dudley Smith & Watermeyer
    Parkrand 1459
    Suid-Afrika

    Te.l: +27 11 913 3091
    Faks: +27 11 913 3093
    E-pos: jonathan@gemini-steel.co.za
    Webwerf: www.gemini-steel.co.za

    4 Januarie 2008