Landbou.com SAWeb


Boorgatpype lig, roesbestand
Deur JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

'n Nuwe reeks ingevoerde boorgatpype en-toebehore van uPVC ("unplasticised polyvinyl chloride") kan 'n ommeswaai in die installasie van boorgatpompe in Suid-Afrika meebring.

Dié onderhoudsvrye pype kan tot 350 meter diep onder die grond geïnstalleer word. Die pype is heeltemal roesbestand en het 'n dravermoë van 10 ton, na gelang van die pypgrootte.

Dié reeks Ashirvad/Borequippype vul die gaping in die mark vir roesbestande liggewigpype wat net so stewig is as gegalvaniseerde pype, selfs teen 'n hoër; waterdruk.

Die pype is ontwerp om aan drie belangrike vereistes te voldoen, naamlik om die hidrostatiese druk - wat die hoogste by die pomp is - te kan handhaaf teen 35kg/ cm 2 of 3500 kPa, om die vrag van die pomp met die water in die kolom te kan hanteer, en omkorrosiebestand te wees.

Die pype is beskikbaar in lengtes van drie meter met parallel-draad aan die eenkant en 'n sok aan die anderkant. Dit kan deur vlekvryestaal-passtukke aan gegalvaniseerde standaardpype met 'n grootte van 25mm tot 125mm gekoppel word. Meer as 500 000 suksesvolle installasies is al wêreldwyd hiermee gedoen.

Dit is maklik om met die pype te werk, omdat dit liggewig, maar sterk én roes- en aanpakvry is. Water is skoner as dit uit die boorgat kom, en die wrywing is baie minder as met staalpype - wat dit dus meer doeltreffend maak en ook energiekoste spaar.

Die paralelle draadontwerp gee 'n baie groter drakragvermoë.; Die pype installeer maklik, en word met die hand vasgedraai, en wanneer nodig, kan die laste verder vasgedraai word met 'n moersleutel of tou. Die O-ring dien as seël; tussen twee pype, en kan 50 kg/cm 2 of 5000 kPa hanteer, wat lekkasies sal keer. Dit absorbeer enige vibrasie in die stelsel, wat die leeftyd van die motor en motorlaers verleng.

Nog 'n voordeel is dat die sok permanent in die pyp pas met behulp van 'n vlekvrye staaldraad. Dit skakel die moontlikheid uit van los sokke en -pype wat gly tydens aftakeling.

Vir windpompe word 'n opgemaakte stang benodig tussen die pompelement en die onderste passtuk voordat dit aan die eerste pyp gekoppel word. By kleiner pype van 25 mm tot 40 mm (soos by die meeste windpompe) word die pype vervaardig sonder 'n sok, en is dit bekend as 'n "kloktipe-pyp". Dit word aanbeveel dat pypbeskermers,wat by koöperasies beskikbaar is, oor die windpompstang geplaas word.

Diemaatskappy Salmson-FTT SA is die verspreider. Hy beskik oor alle tegniese inligting oor die produk en die installasie daarvan. Daar is takke in al die groter stede in Suid-Afrika.

Navrae behoort aan Salmson-FTT of Borequip gerig te word voor enige installasiewerk onderneem word. Sodoende verseker 'n mens dat die regte kombinasie pype voorsien word na gelang van die verbruiker se behoefte. Keuses bestaan tussen medium-, standaard- en swaargewigpype, sodat die pompleweringsdruk nie die hidrostatiese druk van die pype oorskry nie. In diep boorgate met hoëdrukpompe; kan twee verskillende tipes pyp van dieselfde grootte ook gebruik word om koste te verminder.

  • Navrae: Mnr. Rainier Smalberger, tel 021 949 0902 of sel 083 455 1007.

    Landbouweekblad, 12 Oktober 2007