Die donkie is 'n wonderlike ding. Of daar altyd so wonderlik na hulle omgesien word, betwyfel Annemarie van Zijl, 'n donkie barmhartige en "ma" van agtien "afgetrede" donkies.
Nie eens die verbod op uitvoer enkele jare gelede as gevolg van wêreldwye
voëlgriep;, kon dié volstruisboer se florerende uitvoerbesigheid knou nie.
Sy sou nooit kon droom dat haar plan om oorplaatjies vir skape en beeste te druk soveel vrugte sou afwerp nie, sê 'n boervrou wat ook sakevrou geword het.
'n Bok vir besigheid
Die storie van Tantinki se
bokmelkprodukte is 'n
aangrypende verhaal - die
merkwaardige vrou
daaragter ken van op
haar tande byt, deurdruk
en aanhou.
Handgemaak is elke werk uniek. Die misterie van Afrika verweef met die primitiewe kuns van Indiane. G'n wonder dat Thobelani-kunswerke wêreldwyd besig is om versamelstukke te word.
'n Boervrou van Montagu se veggees het haar gehelp om kop bo water te hou toe haar gesin albei hul plase weens 'n finansiële; terugslag verloor het.
Landbouweekblad se vrouewynmaker van die jaar is 'n spontane mens met groot geesdrif vir haar beroep wat elke geleentheid aangryp om meer van wyn en wynbereiding te leer.
Ondanks geldsake wat nie wou klop nie en 'n skeptiese bankbestuurder en rekenmeester wat gemeen het dié boervrou van Britstown se onderneming is gedoem, het sy deurgedruk.
Kraakvars groente. Gister nog op die lande. Vandag afgeskil en in die spens van kieskeurige sjefs. Dít is die wenresep van 'n boervrou van Gamtoos in die Oos-Kaap en haar vennoot.
Hierdie week in LBW
- Beeste: Vorder met nuwe denke
- Eerste grote los Land Bank
- Vrae oor 'grondkoper'
- Die storie agter die broodskandaal
- Bul-plan vir wildteling
- Nuwe droogteplan
- Spesiale jagbylae
- Kos: Sjokolade-genot