Landbou
Diere
Merino staan steeds sterk
Met agt aktiewe Merino-stoeterye wat meer as honderd jaar gelede tot stand gekom het, het dié skaapras die toets van die tyd deurstaan.
Presisieboerdery hoort by vleisbeeste
Daar is al baie oor die belangrikheid van teeldoelwitte in die rooivleisbedryf geskryf. Maar op grondvlak lyk dit of te veel boere nog tevrede is om op die stofpaaie van weleer aan te ploeter.
Kruisteling kán gehalte verbeter
Die gehalte van Dorpervleis word nie deur kruisteling ingeboet nie. Deur oordeelkundige kruisteling kan oormatige vet verminder word, meen 'n navorser.
Top-melkboer maak wenplanne
Namibië se Melkboer van die Jaar meen hy het die titel verower omdat hy goeie melk teen 'n konstante tempo deur die jaar produseer.
Puik kalwers besweer stigma
Met speenkalwers wat uitmuntend in voerkrale groei, besweer dié studiegroep die indruk dat Drakensbergers en hul kruisings nie goed in voerkrale aanpas nie.
Roofvo&eum;ls boere se bondgenote
Roofvoëls; vertolk 'n belangrike rol in die kringloop van die lewe. Benewens die bekamping van rot- en muisplae het roofvoëls; talle lewensfunksies waaruit boere kan voordeel trek.

SA Hackneys uitgevoer
'n Jarelange ideaal van die plaaslike Hackneybedryf is verwesenlik toe die eerste perde van dié karperdras onlangs uitgevoer is.
Nguni moet veg vir plek
Kommer in Ngunigeledere dat die mark vir dié inheemse beesras nie op lang termyn volhoubaar is nie, het die telersgenootskap genoop om sy strategie te wysig.
Hou 'fabriek' aan die gang in droogte
Boere wat droogtes oorleef, is dié wat die "fabriek" deur die droogte aan die gang hou om normale produksie ná die droogte sonder te veel ontwrigting te hervat.
Vleisgeld uit melkkoeie
Kruisteling bied geleenthede vir vleisbemarking aan melkboere. Sonder om groot koste aan te gaan, kan hulle groter winste behaal deur kruisras-bulkalwers aan voerkrale te verkoop.
Vroueboer vereer vir naastediens
'n Dorperteler van die distrik Hanover is vir haar betrokkenheid by opkomende boere vereer.
Kleinvee lag-lag versorg
'n "Pastorie-boervrou" het eiehandig 'n speenrak van afvalyster gebou om haar lewe en die versorging van haar kleinvee te vergemaklik.
Dok nou voorste boer
Hierdie jong man het sy beroep as dokter vir die plaas verruil en binne enkele jare só goed in die pluimveebedryf gevorder dat hy vanjaar sy provinsie se Jongboer van die Jaar is.
Volstruisbedryf maak nek styf
Sedert die opheffing van die uitvoerverbod op Suid-Afrikaanse volstruisvleis lyk die toekoms van dié bedryf aansienlik blinker.
Karakoelspoor lê diep
Die Karakoelskaap se fyn, spits spoor is oral in die suide van Namibië sigbaar. Met die eeufees van die Karakoelbedryf is hulde gebring aan dié unieke diere.
Blink toekoms vir dié windhond
Die belangstelling in boerwindhonde groei vinnig en daar wag 'n blink toekoms op telers van dié ras.
Niks kry dié hamels onder
In meer as vier jaar kon nóg gure weer nóg ongediertes vyf Merinohamels onderkry. Boonop het hulle geen lekaanvulling en dosering ontvang nie en is hulle gesonder as ooit.
Meer lammers, groter wins
Hoë vrugbaarheid en die vermindering van lamvrektes is van die belangrikste faktore wat winsgewende skaapvleisproduksie bevorder.
Leer meer oor melkbokke
Die SA Melkboktelersgenootskap hou eersdaags twee melkbok-inligtingsdae: Vir beginner- en ervare melkbokboere.
'n Spesialis-'kalfgrootmaker'
Met wenke uit Landbouweekblad en 'n paar "eie planne" behaal 'n "spesialis-kalfgrootmaker" ongekende sukses.

Stem
Is elektrisiteit die grootste krisis in Suid-Afrika?
Ja
Nee
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Jakkalse raak sluwer
- Eskom moet hoes, sê boere
- Brood: Moet staat inmeng?
- Pasop vir lusern-angel
- Vat bosluise vas
- Melkboere in binneland sukkel
- Pomp water met water
- Kos: Toebroodjies