Landbou
Plaasverkope
Hierdie databasis bevat nuttige inligting oor plaastransaksies wat sedert 1997 by die Aktekantore geregistreer is. Die inligting is teen R56 per kwartaalverslag te koop. Slegs kredietkaartbetalings word aanlyn aanvaar. (Reël alternatiewe betalings met die webredakteur by tel. 021 406 2414.)
Eerste Stap (Registrasie)
'n Voornemende gebruiker moet eers as 'n "casual user" registreer voordat 'n soektog na pryse of -neigings kan begin. (Geen bank- of kaartbesonderhede word hiervoor vereis nie.) Registrasie is noodsaaklik om 'n voornemende gebruiker se e-posadres te kry. 'n Verslag word ná 'n transaksie outomaties na die koper se e-pos-adres versend.
Hoe soek ek?
Twee maniere is beskikbaar: Een is met 'n plaasnaam of -nommer, of soek plaasverkope per distrik vir 'n bepaalde kwartaal.